Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Landbou-sakekamer in Suid-Afrika, John Purchase, sê voorkeur aan die dagga-reguleringsraamwerk sal Suid-Afrika se landbousektor 'n hupstoot gee. Dit volg na sy vooruitskatting vir volgende jaar se groei in die bedryf. Purchase sê die vooruitsigte vir die sektor lyk belowend, maar hy glo meer geleenthede kan realiseer as die regering die raamwerk bespoedig. Hy waarsku dat vooruitsigte vir die komende jaar sal afhang van wêreldpryse en weerstoestande. Intussen het die Namibiese Ministerie vir insette gevra om die wettiging van dagga in die land te oorweeg... Purchase gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die teoretiese geleenthede vir die landbousektor in die gebied.