Die Beleidsradar gesels met Daniel du Plessis (Sakeliga regsontleder en IT-ontwikkelaar) oor Sakeliga se kommentaar op die regering se onlangse plan vir die regulering van data- en ‘cloud’- internetdienste.
Hierdie beleid van die departement van kommunikasie en digitale tegnologie stel ernstige regulatoriese inmenging in die vooruitsig, wat groot gevolge vir ondernemings en IT-ontwikkelaars in Suid-Afrika kan inhou.
Gerhard van Onselen lei die gesprek.
Sakeliga se kommentaar kan hier gelees word: https://sakeliga.co.za/wp-content/uploads/2021/05/2021-04-30-Sakeliga-submission-on-draft-National-Policy-on-Data-and-Cloud-2021.pdf