Die wêreldbekende Sir David Attenborough sê hy is heeltemal oorweldig deur die boodskappe wat hy voor sy 100ste verjaardag vandag ontvang het. Die veteraan-omroeper en omgewingskundige vier die mylpaal met 'n spesiale konsert vanaand in die Royal Albert Hall in Londen. Die BBC, waar hy in 1952 begin werk het, het deur die week Sir David se eeufees met spesiale programme gevier. Verskeie spesies is na hom vernoem, soos 'n parasitiese wespe, 'n veldblom, skoenlapper, sprinkaan, dinosourus en spookgarnale. Luister na Sir David in ’n oudioboodskap wat Donderdagaand vrygestel is.