
Sign up to save your podcasts
Or


In hierdie episode gesels ek met Daniël Lötter oor die fyn lyn tussen feite en vertelling. Oor hoe ware verhale omskep word in iets wat mense nie net lees nie, maar onthou. Ons praat oor die aantrekkingskrag van donker stories, die rol van navorsing, en hoekom sekere verhale bly kleef lank nadat jy die boek toegemaak het.
Maar die gesprek gaan verder as net sy werk. Dit raak aan groter vrae oor skryf:
Wanneer word detail te veel?
Hoe bly ’n leser jou glo?
En wat maak ’n storie werklik werk?
’n Gesprek oor waarheid, verbeelding en die kuns om tussen die twee te beweeg.
Denktrein is jou weeklikse reisgids agter die woorde. Hier gaan dit nie oor wat geskryf is nie, maar oor hoekom en wat dit beteken. Jannes Erasmus gesels met skrywers en mense uit die Suid-Afrikaanse boek- en kunswêreld om die denke, emosie en bedoeling agter hul werk te ontgin.
Elke episode is ’n reis deur die lae van identiteit, inspirasie, twyfel en betekenis. As jy nuuskierig is oor wat agter woorde skuil, is jy op die regte plek.
From the publisher's feed