Konflik met roofdiere bly ‘n uitdaging op plase regoor die land en dit neem toe in verskeie gebiede in Namibië. Die Cheetah Conservation Fund beywer hom reeds vir dekades vir die beskerming van die jagluiperd in die land en werk nou saam met boere om konflik te verminder. Die Stigter van die fonds, Dr Laurie Marker gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor uitdagings, en oplossings.