Die Namibiese Minister van Sport en Jeug Agnes Tjongarero het nog ‘n akkerbou projek vir werklose jeug van stapel gestuur, die keer in Gobabis. Verlede week is ‘n soortgelyke projek ook in Dordabis geskep. Werklose jeug tussen die ouderdomme van 18 tot 35 sal betrek word by die projek wat daarop gemik is om voedselsekerheid te verskerp. Die Minister gesels vanoggend meer in diepte met Kosmos 94.1 Landbounuus oor die projekte.