Ons vier vandag die Nagmaal, maar ons sit by die tafel aan met die wete dat die Here ons Ware Trooster is. God is vir ons goed, selfs in donker tye, soos die tye waarin ons tans leef. Eendag sal hierdie wêreld wat deur die vloek van die sonde getref is, hernu word - en ons sal vir ewig saam met die Here wees in 'n perfekte ewigheid.