RSG Dokumentêr

DIE MUSIEKBEDRYF BY ‘N KRUISPAD deur Fritz Klaaste


Listen Later

Die musiekbedryf moes homself telkemale die agelope paar dekades herontwerp. Ons het die grammafoon sien kom en gaan met vinielplate, kassette, CD's en deesdae elektroniese weergawes. Die kompakskyf, wat die ruggraat van musiekverspreiding geword het, is besig om sy laaste asemteue te neem. Daar is vandag slegs een CD-pers in Suid-Afrika, en die produksiekoste het die hoogte ingeskiet. Musiek is nou bykans heeltemal digitaal, en die bedryf wat dit bemark en voorsien aan die verbruiker, moes met groot spronge probeer byhou by ontwikkeling. Selfs kunstenaars kan nie byhou met die vinnige verandering nie. Apple Music is besig om internetradiostasies daar te stel, wat toegewyd is aan spesifieke populêre kunstenaars. Met slegs die betaling van 'n klein maandelikse subskripsiefooi, het die verbruiker konstante toegang tot 'n tamaai groot aanlynmediateek. Waar staan die bedryf vandag? Fritz Klaaste het gaan ondersoek instel.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

RSG DokumentêrBy RSG

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

1 ratings


More shows like RSG Dokumentêr

View all
Radioteater by RSG

Radioteater

1 Listeners