Sign up to save your podcasts
Or

Onlangse navorsing oor die grootste bekommernisse wat bejaarde mense vandag beleef, kan opgesom word as bekommernis oor wat van hulle gaan word soos hulle ouer word. Eerste op die lys van bekommernisse is kommer oor hulle gesondheid en onafhanklikheid. Hulle wonder, “Sal ek vir myself kan bly sorg? Wat gaan van my word?” Tweede op die lys, kommer oor finansiële sekuriteit. “Sal ek genoeg hê vir die toekoms?” Derde op die lys van bekommernisse is eensaamheid. “Sal ek op my eie, verlate en geïsoleer wees?”
‘n 2024 opname onder Australiese seniors bevind dat meer as 60% van mense ouer as 50 sukkel om vir noodsaaklike dinge te betaal. Meer as die helfte sê finansiële stres beïnvloed hulle sosiale lewe. Dis duidelik uit die navorsing dat inflasie en stygende koste groot angs oor die toekoms veroorsaak. Behuising is een van die grootste bekommernisse.
Hierdie soort bekommernisse is niks nuuts nie. In Psalm 71 vind ons ‘n pragtige gebed van ‘n bejaarde. Rofweg 3000 jaar gelede bid hy:
Psalm 71:9 NLV
9Moenie my eenkant toe stoot noudat ek oud geword het nie. Moenie my verlaat wanneer my kragte afneem nie.
Maar hierdie ou mens is nie vasgevang in bekommernis oor oud wees nie. Dis die getuienis van 'n ouer gelowige. Toe hy terugkyk oor sy lewe, het een waarheid bo alles uitgestaan: God het hom nog nooit in die steek gelaat nie.
Hierdie psalm is 'n lied van vertroue wat rus op drie waarhede:
• God se sorg in die verlede
• God se sorg in die hede
• God se sorg in die toekoms
Die psalmdigter se vertroue berus nie op sy eie krag, sy sterk finansiële situasie, of sy hegte familiebande nie. Hierdie dinge kan oornag verdwyn. Hy steun op die onveranderlike getrouheid van God. Kom kyk gerus saam met my na Psalm 71
By Francois BredenkampOnlangse navorsing oor die grootste bekommernisse wat bejaarde mense vandag beleef, kan opgesom word as bekommernis oor wat van hulle gaan word soos hulle ouer word. Eerste op die lys van bekommernisse is kommer oor hulle gesondheid en onafhanklikheid. Hulle wonder, “Sal ek vir myself kan bly sorg? Wat gaan van my word?” Tweede op die lys, kommer oor finansiële sekuriteit. “Sal ek genoeg hê vir die toekoms?” Derde op die lys van bekommernisse is eensaamheid. “Sal ek op my eie, verlate en geïsoleer wees?”