Hoop Nogtans

Die ouer broer #2604


Listen Later

Die spesifieke Sondag is die kerk gepak. Dis kindertoewyding die oggend en daar is baie familie en vriende om die geleentheid met die gesin te deel. Ek is dankbaar om die oggend die geleentheid te hê om die evangelie te deel met mense wat moontlik selde in die kerk kom. Een van die ouderlinge maak later sy beswaardheid aan my bekend. “Ons hou nie van jou styl van bediening nie. Jy trek mense na die kerk wat nie pas by ons nie. Mense wat ruik na rook en drank. (Ja, kan jy dit glo!). Ons dink nie jy is die regte een om ons gemeente te lei nie.”

In die storie wat die Here Jesus vertel in Lukas 15 oor die verlore seun, is daar nog ‘n seun, die ouer broer. En daar is groot ooreenkoms tussen my ouderling van destyds en hierdie ouer broer. En jammer om te sê, ook tussen die ouer broer en baie mense wat elke week baie prominent in die kerk is. Of ten minste, baie mooi leef en bekend is vir hulle betrokkenheid by liefdadigheid, al is hulle nie so aktief betrokke by die kerk nie.

Kom dink bietjie saam met my oor hierdie saak en laat weet my wat jý dink.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Hoop NogtansBy Francois Bredenkamp