Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
"FOLLOW" OM IN KENNIS GESTEL TE WORD AS ONS NUWE MATERIAAL OPLAAIE !!Hier by Die Volle Waarheid poog ons dus om u te help om terug te keer na u Bybel en te soek na die waarhede wat God vir ons in Sy ... more
FAQs about Die Volle Waarheid Potgooi:How many episodes does Die Volle Waarheid Potgooi have?The podcast currently has 637 episodes available.
April 07, 20241. Ek deel My Probleme Met Die Here | Getuienis | Cobus Badenhorst“Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” Psalm 103:2. Wurms in die mielies! Wat nou? Die diesel is klaar en ons sny lusern. Wat nou? Kyk na hierdie aangrypende getuienis waar God intree wanneer ‘n mens se planne opraak....more9minPlay
March 21, 20243. Verlossing | Skepping Tot Herskepping | Niolene FilmalterIn die heel LAASTE gedeelte en episode van hierdie reeks, gaan ons, ná ’n kort oorsig van ons reis, gesels oor die sentrale boodskap van Christenskap, en dit is om te reik na verlossing deur ons Verlosser, Jesus Christus. Ons gaan die belangrikste vraag antwoord wat enige mens ooit sal kan vra en dit is: ‘Wat kan ek doen om gered te word?’ Moenie hierdie krities belangrike episode misloop nie!...more25minPlay
March 21, 20242f. Verwoesting - Die Vloed - Na die Vloed - Deel 2 | Skeppinh Tot Herskepping | Nicolene FilmalterIn die laaste episode oor verwoesting kyk ons verder na die oorlewing van mense en diere na die Vloed. Wat het hulle geëet? Hoekom het die dinosourusse uitgesterf? Waar kom al die mense vandaan? Waar kom al die sogenaamde rasse (mens-groepe) en tale vandaan? Kom geniet hierdie interessante episode saam met my....more26minPlay
March 21, 20242e. Verwoesting - Die Vloed - Na die Vloed - Deel 1 | Skepping Tot Herskepping | Nicolene FilmalterIn die vyfde episode oor verwoesting, gaan ons leer oor dinge wat ná die Vloed gebeur het en spesifiek, wat was die effek van die Vloed op onder andere die vorming van berge, valleie en die Ystydperk. Ons gaan ook leer van mammoete en die Gletsertydperk....more25minPlay
March 21, 20242d. Verwoesting - Die Vloed - Voor En Tydens | Skepping Tot Herskepping | Nicolene FilmalterIn die vierde episode oor verwoesting gaan ons kyk na die moontlike toestande wat daar voor en tydens die Vloed kon geheers het. Was dit werklik ’n wêreldwye Vloed en waar het al die water vandaan gekom? Wat van fossiele - wat is dit en hoe word hulle gevorm? Ons gaan ook kyk na die geologiese kolom. Wat is dit en hoe is die kolom gevorm?...more27minPlay
March 21, 20242c. Verwoesting - Die Ark | Skepping Tot Herskepping | Nicolene FilmalterHierdie episode is baie interessant omdat ons meer gaan leer oor die Ark. Hoe groot was hy werklik en hoe op aarde het alles daar ingepas? Was daar selfs dinosourusse op die Ark? Wat van kos en water? Kom leer alles en nog wat in hierdie uiters interessante episode....more33minPlay
March 21, 20242b. Verwoesting - Die Gevolge Van Die Sondeval | Skepping Tot Herskepping | Nicolene FilmalterIn die tweede episode oor verwoesting, gaan ons leer oor die hartseer nagevolge van die Sondeval op die mens, die diere en uiteindelik die hele skepping. Ons gaan ook leer van Kain en Abel en die offerstelsel en natuurlik gaan ons vra: Wie was Kain se vrou?...more24minPlay
March 21, 20242a. Verwoesting - Die Sondeval | Skepping Tot Herskepping | Nicolene FilmalterIn die tweede gedeelte van hierdie reeks gaan ons leer oor die verwoesting wat plaasgevind het weens die Sondeval van die mens. Hoekom is daar reëls? Wat het gebeur toe Adam en Eva deur satan versoek is en wat presies het tydens die Sondeval gebeur?...more32minPlay
March 21, 20241e. Die Skeppingsweek - Dag 7 (Die Sabbat) | Skepping Tot Herskepping | Nicolene FilmalterIn die laaste episode oor die Skeppingsweek gaan ons leer oor dit wat God op die Sewende Dag - die Sabbatdag - gedoen het. Aangesien die Skeppingsweek sewe dae lank was, behoort ons altyd van die Sewende Dag ook te leer as ons oor die Skeppingsweek leer, omdat die Sewende Dag onlosmaaklik aan die Skeppingsweek verbind is. Dit beteken dat ons nie die Sewende Dag van die Skeppingsweek kan afkap nie. Dis ook belangrik om te weet watter dag die Sabbatdag in werklikheid is en hoekom só baie mense dit vandag anders sien....more23minPlay
March 21, 20241d. Die Skeppingsweek - Dag 6b (Die mens) | Skepping Tot Herskepping | Nicolene FilmalterIn die vierde episode van die Skeppingsweek, gaan ons meer leer oor die skepping van die mens. Is ons geskape met ’n onsterflike siel of is ons ’n sterflike siel? Ons gaan leer hoe Adam vir die landdiere name gegee het en hoe God die mens as rentmeesters van die Skepping aangestel het. Dan gaan ons vinnig kyk hoe hierdie inligting verskil van dit wat evolusioniste glo....more27minPlay
FAQs about Die Volle Waarheid Potgooi:How many episodes does Die Volle Waarheid Potgooi have?The podcast currently has 637 episodes available.