RSG Dokumentêr

DIE VRYSTELLING VAN DIE SLAWE deur Chris Swanepoel


Listen Later

Volgens Britse wetgewing is alle slawe aan die Kaap op 1 Desember 1834 vrygestel, maar hulle moes vir vier jaar as inboekelinge by hulle voormalige eienaars aanbly om hulle op vryheid voor te berei. Die datum is met groot opgewondenheid deur die vrygestelde slawe afgewag. Daarenteen het dit groot onsekerheid by die koloniste gewek – amper soos wat baie Suid-Afrikaners in 1994 ervaar het. En toe die dag uiteindelik aanbreek, het daar iets gebeur wat baie mense as 'n teken uit die hemel gesien het, hoewel die koloniste en die vrygestelde slawe nie dieselfde betekenis daaraan geheg het nie. Chris Swanepoel probeer meer lig werp op hierdie lotsbepalende gebeurtenis in Suid-Afrika se geskiedenis.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

RSG DokumentêrBy RSG

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

1 ratings


More shows like RSG Dokumentêr

View all
Radioteater by RSG

Radioteater

1 Listeners