Die Nasionale Seereddingsintituut sê verdrinking bly een van die vernaamste oorsake van kindersterftes in die wêreld, met 236 000 lewens wat jaarliks verlore gaan. Met die viering van wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag, vra die instituut vir meer bewustheid en optrede om die tragedies te vermy. Die woordvoerder van die NSRI, Andrew Ingram, sê die instituut het alreeds meer as 5 miljoen mense met waterveiligheidsopleiding gehelp en meer as 1 800 pienk reddingsboeie ontplooi, en minstens 221 lewens gered: