Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Driesestig
    Dieetkundige Irene Labuschagne verduidelik vir Sue Pyler wat probiotika se rol in immuniteit is.
    15 min
  • Driesestig
    Elzaan Smith vertel vir Sue Pyler hoe sy haar linnefabriek in 'n gesigmaskerfabriek omskep het.
    10 min
  • Driesestig
    As daar nou een gemeenskapsprojek is wat nie deur die Covid19-inperking gesneuwel sal word nie, dan is dit Uitenhage se Mulla-projek waar nagenoeg 290 weerlose kinders herwinbare rommel kan ruil vir onder meer kos en klere. Quinette Goosen, afgetrede onderwyser en voorsitter van die projek, het aan Mariska Spoormaker gesê hulle is nou baie bekommerd oor die kinders.
    9 min
  • Driesestig
    Ná twee jaar waarin Die Kwik Styg op klimaatsverandering gefokus het, is dit tyd om te groet. Lizma van Zyl gesels in die laaste program met dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Department van Landbou, wie se breinkind die reeks was. Hulle bespreek die uitdagings wat deur die uiteenlopende groep kundiges oor die afgelope twee jaar uitgelig is, asook die pad vorentoe.
    15 min
  • Driesestig
    Michelle Holtzhausen vertel vir Sue Pyler van die waarde van kreatiwiteit, en die Creative Hobbies Hub wat daagliks 'n gratis aanlyn kunsvlytwerkswinkel aanbied.
    7 min
  • Driesestig
    Dr. Jan Botha praat met Martelize Brink oor die uitdaging om midde in die Coronaviruskrisis hoop te skep. Hulle kyk na drie fokusareas - leer, afleer en spesiaal herleer.
    12 min
  • Driesestig
    Hierdie storie gaan nou oor 'n vrou van Despatch wat verlede jaar begin het om feitlik haar hele tuin in 'n groentetuin te omskep. Haar naam is Maro Swanepoel, en haar grootste beweegrede vir die reuse groentetuin was om deur 'n persoonlike krisis te werk. En net toe Maro 'n groot oes van haar dorpserf gehaal het, is die Covid-19 staat van inperking aangekondig. Mariska Spoormaker wou by haar weet hoe sy nou oor alles voel.
    10 min
  • Driesestig
    Maritza Muller vertel vir Sue Pyler hoe mense met demensie, en die mense wat na hulle omsien, die Covid-19 aanslag behoort te hanteer.
    9 min
  • Driesestig
    Maryke Musson van die Twee Oseane Akwarium bring ons op hoogte oor ons verkenner, Yoshi die seeskilpad.
    4 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.