Kleinskaalse boere in Lupane in wes-Zimbabwe presteer beter met drupbesproeiing stelsels en sê hulle produksie het verhoog en waterbesparings is voldoende. Die boere meen ook die stelsel werk baie goed met onvoorspelbare weertoestande. Marco de Wet ‘n kenner in drupbesproeiing by Agriturf Namibië gesels meer breedvoerig met ons oor die gebruik van die stelsels in ons land...