Ecoskoops (Afrikaans)

Ecoskoops (Afrikaans)

Download on the App Store

Ecoskoops (Afrikaans) episodes

  • Ecoskoops - 10 Maart 2026
    Op vandag se program het Suid-Afrika se toerisme- en reisbedryf vroeër vanjaar 'n belangrike volhoubaarheidsmylpaal bereik met die bekendstelling van die Tourism & Travel Green Lung by Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes. Ons gesels met Vergelegen se besturende direkteur, Wayne Coetzer, oor hoe hierdie inisiatief KMMO's bemagtig om klimaatsveerkragtigheid te bou en Omgewings-, Maatskaplike en Bestuurspraktyke (ESG) in hul daaglikse bedrywighede te verweef.
    5 min
  • Ecoskoops - 5 Maart 2026
    In hierdie episode van Ecoskoops fokus ons weer op water. Ons gesels verder met die die uitvoerende hoof van Maskam Water, Gerhard Cronje, oor hoe hul baanbrekende afvalwaterbehandelingstelsels besoedeling skerp kan verminder en volhoubare alternatiewe wateropsies vir huishoudings, plase en hele gemeenskappe kan skep. Van gedesentraliseerde behandeling tot die weer gebruik van water op die perseel, ons kyk na hoe slim ingenieurswese afvalwater van 'n las in 'n waardevolle hulpbron kan omskep.
    5 min
  • Ecoskoops - 3 Maart 2026
    In vandag se episode van Ecoskoops gesels ons oor water. Die uitvoerende hoof van Maskam Water, Gerhard Cronje, vertel vir ons meer oor hoe hul innoverende afvalwaterbehandelingstelsels waterbesoedeling drasties kan verminder en volhoubare alternatiewe vir huise, plase en gemeenskappe kan bied. Hy gesels met ons oor hoe slim ingenieurswese afvalwater in 'n hulpbron in plaas van 'n risiko kan omskep.
    4 min

About Ecoskoops (Afrikaans)

From the publisher's feed

Ecoskoops, aangebied deur Isabel Potgieter, word elke Dinsdag en Donderdag uitgesaai. Die program bied ʼn oorsig van die talle dringende kwessies wat ons omgewing vorm, van klimaatsverandering tot…