Die Omgewingsbeleggingsfonds het toelaes goedgekeur wat bestaan uit 12 aanvangsprojekte en 14 bestaande projekte. Hierdie toelaes is daarop gemik om inisiatiewe te ondersteun wat kwesbare lewensbestaan versterk, aanpassing aan klimaatsverandering verbeter, die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne bevorder, en natuurgebaseerde entrepreneurskap bevorder. Romeo Muyunda die woordvoerder van die fonds verduidelik wat die toelae behels.