Ek en God

Ek en God

By Klank KompasReligion & Spirituality
Download on the App Store

Ek en God episodes

  • Die meisie met 'n geheim
    In hierdie vertelling hoor ons van die eerste Kersfees soos beleef deur Maria - nie as ’n veraf Bybelverhaal nie, maar deur ’n jong meisie se herinnering aan stofpaaie en ’n ja-woord wat alles verander het.

    Sy vertel van vrees en vertroue, van ’n lang reis na Bethlehem, van ’n stal waarin die hemel aarde toe gekom het, en van ’n Kind wat klein genoeg was om vasgehou te word - maar groot genoeg om die wêreld te verander.

    Skrywer en voorleser: Nadia Muller
    Musiek: DJ Muller
    8 min
  • Stille Nag - Lied van vrede
    In hierdie vertelling neem ons jou terug na ’n sneeubedekte dorpie in Oostenryk, waar ’n priester en ’n skrynwerker met net ’n gedig en ’n kitaar ’n lied skep wat die wêreld sou verander. Die verhaal beweeg verder na die loopgrawe van 1914, waar dieselfde lied - oor niemandsland gesing - ’n oorlog vir ’n paar heilige oomblikke laat ophou het.

    Skrywer: Nadia Muller
    Voorleser en musiek: DJ Muller
    9 min
  • Ep. 16 - The Long Haul of Faith: Dr. Rowan Williams on Vocation and Prayer
    In this special episode, I sat down with about 9 other people, including Dr. Rowan Williams after a full day of exploring “Faith Formation within the Church for the Life of the World” at the Andrew Murray Centre. Following the main event, Marnus Havenga and Dr. Williams engaged in a very interesting conversation on vocation, calling, and the lifelong journey of faith. Reflecting on the Eucharist as a place of both divine and human connection, Dr. Williams delved into how Christian identity is shaped through listening, self-awareness, and spiritual practice.

    Drawing on personal experiences in spiritual direction, he shares valuable insights on the “long haul” of ministry, offering guidance on how routines of prayer and attentiveness can sustain faith, even amidst life’s distractions and difficulties. This intimate conversation beautifully concluded a day focused on the role of the church as a learning, grateful, and unanxious community, inspiring us to see faith formation as an ongoing, life-giving process.

    Also read: https://kaapkerk.co.za/faith-formation-for-the-life-of-the-world/ More about the main event.
    35 min
  • Ep. 15 - Die onmoontlike "geluk" - Prof Anton van Niekerk
    “Goue tafels, goue stoele en goue vloere kan seker soms geluk beteken, maar nie ’n goue dogtertjie nie.” Só reflekteer prof. Anton van Niekerk oor koning Midas se obsessie met geluk en goud, tot op die dag dat Marygold, sy dogtertjie, ook in goud verander.

    Prof. Anton het tydens die ringsitting van die Ring van die Paarl op 9 Oktober 2024 gepraat oor die ware betekenis van geluk. “Dit was een van daardie gesprekke wat nooit te lank sou voel nie,” beskryf een van die ringsleraars sy ervaring.

    In kort: Geluk is nie iets wat ons kan najaag of skep nie. Waar kom geluk dan vandaan? Luister gerus na prof. Anton se diskoers hieroor.

    Prof. Anton van Niekerk is ’n gerespekteerde Suid-Afrikaanse filosoof en akademikus, en was voor sy aftrede verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy gefokus het op etiek, politieke filosofie en die filosofie van godsdiens. Sy navorsing het veral ’n impak gemaak op die etiek van gesondheid en biomediese kwessies, en hy het diepgaande bydraes gelewer oor die rol van moraliteit in die openbare sfeer. As skrywer en openbare intellektueel staan hy bekend vir sy genuanseerde beskouings en sy vermoë om komplekse temas op ’n toeganklike en relevante wyse te verwoord.
    35 min
  • Ep. 14 - Ouerskap: Lééf in besig wees
    Ouers is superhelde. Hulle kan nie net "multiTASK" nie, maar is sommer ook iets in die lyn van "multiBEINGS". In die loop van 'n dag moet ouers polisiekonstabel, dokter, prokureur, regter, pastoor, finansiële adviseur en onderwyser wees.

    Realiteit: ouers het konstant 'n hoed op en is iets vir iemand. So min het hul geleentheid om sommer net hulself te wees. Hierdie konstante inspanning is uitputtend.

    Ons gesels in hierdie episode met Dr. Siegfried Louw oor hoe ouers kan "cope" met die druk om altyd iets vir iemand te wees.

    Intro music copyright info: Words by Anita Renfroe/2007 Bluebonnet Hills Music
    22 min
  • Ep. 13 - Om gelowig kwaad te wees
    Twee vroue vertel oor hul ervarings van kwaad wees - één oor ’n ontvoering, en die ander een oor ’n gewapende roof.

    Esté Gross is ’n rubriekskrywer, sangeres en omroeper by PretoriaFM en bied die middag nuus- en aktualiteitsprogram IMPAK aan.

    Mariëtte Theart is mede-eienaar van MaWees - 'n platform met praktiese produkte en hulpbronne spesifiek vir ma’s.

    Ons praat oor KWAAD WEES en hoe dit in ons geloof inpas.

    Om die artikel van Esté te lees waarna sy in dié episode verwys: https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/este-gross-gun-n-oomblik-om-kwaad-te-wees-daaroor-20240215
    25 min
  • Ep. 12 - Jesus met vel aan ("Ministry of Presence")
    In hierdie episode praat DJ Muller met twee passievolle kenners oor "Ministry of Presence". Ons kyk na die waarde daarvan om by iemand teenwoordig te wees met jou lyf en hoe dit elke mens se roeping is om dit te doen.

    Ronell Bezuidenhout is 'n predikant met 'n passie vir teologie en die vroegste eeue se kerkgeskiedenis. Haar beroepspaadjie het haar van Port Elizabeth tot Groot Brak-rivier gelei, waar sy 'n pos aanvaar het by 'n Lutherse Gemeente. Sy deel haar kennis wyd oor verskeie kontinente deur 'n internetbediening wat in 2020 begin het.

    Jacob Meiring is 'n navorser aan die Universiteit van Stellenbosch met 'n fokus op teologiese antropologie. Hy het 'n PhD voltooi oor die belang van die liggaam in betekenisgewing. Hy werk ook as 'n narratiewe teoloog/terapeut met 'n passie vir menslike ervarings.
    25 min
  • Ep. 11 - From Stats to Stories: Revolutionizing Nonprofit Communication (Rain Bennett)
    South Africa is one of the countries with the most NPO’s, against the backdrop of terrible social-economic decay… For very long the only way NPO’s approached raising awareness for the organisation, and getting funding, was through trying to impress with statistics, milestones and presentations.

    Today, we're diving into the heart of storytelling and its transformative impact on the world of nonprofits and churches in South Africa. Joining us is a two time Emmy-nominated filmmaker, writer and storytelling expert, Rain Bennett. We'll unravel the power of stories and learn practical strategies for NPOs and churches to shine in a crowded narrative space.

    Rain Bennett:
    https://www.rainbennett.com
    https://www.youtube.com/user/flyingflounderprod
    https://www.instagram.com/rainbennett/
    32 min
  • Ep. 10 - Renosters en Rituele: Hoe ver is ons van uitsterwing? (dr. Braam Hanekom)
    Renosters is vir seker aan die uitsterf, en almal is daarvan bewus. Maar is daar dalk nóg iets wat aan die uitsterf is waarvan ons te min kennis neem?

    In hierdie episode ondersoek ons die rol van rituele en simbole in die samelewing met dr. Braam Hanekom. Ons kyk na die invloed van simbole en rituele in die antieke tyd en vra of moderne samelewings dalk hiervan weg beweeg het.

    Braam deel sy perspektief oor hoe die afname van gedeelde simbole en rituele ons interaksie met die wêreld en mekaar beïnvloed. Ons verken die waarde van simbole in die moderne samelewing en die verband met sakramente.

    Die gesprek verskuif na rituele, waar ons kyk na handelinge wat 'n ritueel-karakter aanneem, soos oorgangsfases, belydenisaflegging en selfs 'n tipiese Suid-Afrikaanse braai. Braam deel sy insigte oor hoe rituele kultuurgrense oorskry en gemeenskappe verryk.
    23 min
  • Ep. 9 - Om te sterf voor jou dood (dr. Johan Pienaar)
    Sommige mense gaan dood voor hul sterfdatum…
    ’n Mens se pad kruis gereeld met iemand wat nog lewe, maar tog in hul binneste eintlik al begin sterf het... iemand wat hul lus vir die lewe heeltemal verloor het. Dit is iemand wat maar net in die lewe dryf, soos ’n houtstomp in ’n rivier. Hoekom is dit so, en hoe moet ons waak daarteen om hierdie punt te bereik?

    Om ons hiermee te help, gesels ons met dr. Johan Pienaar van Pretoria. Hy was, voor sy aftrede, by NG Kerk Riviera in Pretoria ’n predikant, en het ’n groot liefde daarvoor om spanne te help met persoonlike- en groepsontwikkeling.
    24 min

About Ek en God

From the publisher's feed

Ontdek 'n transformerende reis van selfontdekking en geestelike groei terwyl jy God beter leer ken. Elke episode bied inspirerende gesprekke, praktiese wenke en persoonlike getuienisse om jou…