Amerikaanse dollarpryse het vir meer as 'n week in die omgewing van 16 teenoor die rand gebly. Oliepryse is hoog vanweë markpersepsie oor nuwe geopolitieke ontwikkelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper, die Suid Afrikaanse ekonoom gepraat, oor die verband tussen kommoditeitspryse en die Amerikaanse geldeenheid, en hoe dit verander het sedert die oorlog in die Midde-Ooste.