Ek en my mense

Ep. 9 - Is bloed dikker as water?


Listen Later

Ons vier Sondag, 12 Mei 2024, Moedersdag. Vir baie vroue is dit ’n dag van viering, maar vir talle hou dit groot pyn en selfs rou in. Die Taakspan Gendergeregtigheid kyk in hierdie episode na kwessies wat hiermee verband hou.

Ons gesels met Sarize Retief, gemeentepredikant in Aggeneys, oor haar persoonlike reis met infertiliteit. Professor Igno Siebert, ’n fertiliteitspesialis bied ’n mediese perspektief en Lou-Maré Denton van Brackenfell-gemeente kyk na hoop en bemoediging vanuit die teologie.

Vroue se identiteit word so vasgemaak aan hulle rol as moeders. Hoe ontkoppel ons mawees van vrouwees?

MÓÉT-LEES BRONNE:

Reconceiving reproductive health: Theological and Christian ethical reflections
https://tinyurl.com/Reconceiving-health

Reconceiving Infertility: Biblical Perspectives on Procreation and Childlessness
https://tinyurl.com/Reconceiving-Infertility E-boek: Reconceiving reproductive health — PDF (7.2 MB)
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ek en my menseBy Klank Kompas