‘n Troeteldier bring baie plesier, maar beteken ook groot verantwoordelikheid. In hierdie episode gee ons ‘n oorsig van dinge wat elke troeteldiereienaar behoort te weet. Dr. Didi Claassen, ‘n veearts van Pretoria, gesels oor inentings, sterilisasie, die regte kos, jaarlikse ondersoeke en behandeling teen vlooie en bosluise. En as jy wou geweet het wat is ‘n veearts se opinie oor “menskos” en bene vir jou troeteldiere, luister dan hier!