Al gehoor dat ‘n hond nie siek is as hy ‘n nat neus het nie? Verkeerd! En wat is die verskil tussen bosluiskoors en bosluitsbytkoors? En wat van boererate vir dinge soos bosluiskoors?
Ilse Salzwedel gesels met Dr. Didi Claassen, ‘n veearts en spesialis veterinêre patoloog, oor ernstige siektes by honde. Kom leer meer oor ‘n gastro-intestinale toestand wat (onder andere) dikwels by Yorkshire Terriers voorkom, ‘n maag wat gedraai is, en diabetes en hartversaking by jou troeteldier.
Kenner: Dr. Didi Claassen, ‘n veearts en spesialis veterinêre patoloog