Amelie wonder of sy dan gek geraak het? Wat op aarde besiel haar dat haar hormone eers op hol raak oor ’n slymbol soos Phillip en nou oor ’n onbeskofte Fransman? Dit moet die jarelange romantiese droogte in haar lewe wees wat veroorsaak dat sy so na aandag smag.