Die Rally-Raid Dagboek

Episode 4 – Hannes Grobler (Deel 2 van 2)


Listen Later

Ons gesels verder met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends.

In hierdie episode deel Hannes nog meer van sy ervaringe in die rally-raid wêreld:

  • Die groot teleurstelling om nie in ’n Nissan bakkie aan Dakar te kon deelneem nie, maar die troos om wel in die Nissan-ondersteuningstrok te kon jaag.
  • Die onvergeetlike avonture tydens daardie Dakar, en hoe hy benoem is vir die gesogte “Spirit of the Dakar” toekenning.
  • Die intense kompetisie tussen Nissan en Toyota, en die wenstrategieë wat hy in rally-raids toegepas het.
  • Die spesiale kameraderie onder kompetiteerders en herinneringe aan die legendariese Roof of Afrika en Woestyn-wedrenne.
  • Sy sagte plek vir die private “kruideniersgeld”-deelnemers en die belangrikheid van vervaardigers se betrokkenheid by streeks-wedrenne.
  • Die lang, spesiale verhouding met Nissan en wat dit geverg het om so ’n vennootskap vol te hou.
  • Ligte en humoristiese oomblikke in die kajuit saam met Francois Jordaan.

Name wat in Episode 4 genoem word (in volgorde van eerste verwysing): Glyn Hall, Giniel de Villiers, Kenjiro Shinozuka, Ari Vatanen, Francois Jordaan, Apie Reyneke, Kassie Coetzee, Sarel van der Merwe, Buks Carolin, Klaus Degener, Blasie Franken, Tony Pond en Richard Leeke.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Die Rally-Raid DagboekBy Izaac Beytell & Stompie Mynhardt