Die Rally-Raid Dagboek

Episode 9 - Jannie Visser (Deel 1 van 2)


Listen Later

In hierdie episode gesels ons met een van die legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid: Jannie Visser – voormalige nasionale kampioen en steunpilaar van die Barberspan Motor Klub.

Jannie neem ons saam op 'n nostalgiese reis deur die sport se geskiedenis en deel fassinerende stories oor hoe dit alles begin het:

  • Die ontwikkeling van baan-modderwedrenne by Syringa Park tot by Barberspan, en die oorgang na veldwedrenne weens brandstofbeperkings
  • Die groot bydrae van die Wes-Transvaal-motor-klubs tot die sport se groei
  • Die ikoniese Barberspan 500 – Suid-Afrika se oudste rally-raid-wedren
  • Die vroeë dae se kreatiewe roetebeplanning (en hoekom kunsmissakke in bome onmisbaar was!)
  • Hoe die Wêreld Rally-Raid Kampioenskappe in 2025 van die legendariese Barberspan-roetes gebruik gemaak het
  • Die Visser-familie se diep en voortgesette betrokkenheid by die sport

Name wat in Episode 9 genoem word (in volgorde van verskyning): Chris Visser, Mof Visser, Richard Schilling, Bodo Bertholdt, Franz Czepek, Hennie Reyneke, Apie Reyneke, Rudi Muller, Hannes Grobler, Buks Carolin en Andries Visser.

’n Nuwe episode van “Die Rally-Raid Dagboek” verskyn elke Donderdag!

Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube, of jou gunsteling potgooi platform.🔥

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Die Rally-Raid DagboekBy Izaac Beytell & Stompie Mynhardt