Preek Opnames

Erediens - 13 Julie 2025


Listen Later

Teks: Kolossense 1:9-20
Prediker: Nadia Muller
Tema: Is my God groot genoeg?

Ons almal ken die kinderlied: “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen nie.” As kinders – of selfs as volwassenes – sing ons dit uit volle bors, maar nie altyd uit volle hart of met volle oortuiging nie. Ons beeld van God bly dikwels klein, en ons sukkel om gemaklik voor Hom te leef – om net te wees.

So die vraag is: As ek aan God dink, is Hy regtig groot genoeg dat alles van my – die mooi én die lelik, die vreugdes én die hartseer – in Hom ruimte vind? Of is Hy net ’n Sondagoggend-God, ver en verwyderd?

En as ek aan God dink, is Hy groot genoeg om ook mense wat anders is as ek – my grootste vyand, mense van ander gelowe, ander oortuigings, ander agtergronde – in te sluit?
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Preek OpnamesBy Simondium Familiekerk