Preek Opnames

Preek Opnames

By Simondium FamiliekerkReligion & SpiritualityChristianity
Download on the App Store

Preek Opnames episodes

  • Reis deur Efesiërs - Deel 22 (15 November 2026)
    Tydens hierdie diens het 9 jongmense belydenis van geloof afgelê. Slegs die preek gedeelte van die diens is deel van hierdie opname.

    PREDIKER: Nadia Muller
    TEMA: ’n Vol lewe
    TEKS: Efesiërs 5:15–20

    Wat beteken dit om ’n lewe te leef wat nie heeltyd méér nodig het nie?

    In Efesiërs 5:15–20 herinner Paulus ons dat ’n lewe wat deur die Heilige Gees gevul word, anders lyk: dit word ’n lewe van lof, dankbaarheid en omgee vir mekaar.

    Ons ontdek saam hoe ons, te midde van ’n wêreld wat altyd méér vra, kan leer om vanuit God se genade en met dankbare harte te leef.
    22 min
  • Erediens - 01 November 2026 (DOOP: Ian Cloete)
    PREDIKER: Jan Grobbelaar (NGK Prince Alfred's Hamlet)
    TEKS: Kolossense 2:6–15
    DOOP: Ian Cloete (geb. 17 Feb. 2026)

    In die Ou Testament was die besnydenis die sigbare teken dat iemand aan God se verbondsvolk behoort het (Genesis 17).
    In Kolossense 2:11–12 verduidelik Paulus dat gelowiges nou die "besnydenis van Christus" ontvang het, wat nie deur mensehande gedoen word nie, maar deur die afsterwe van die sondige natuur.

    Paulus koppel hierdie geestelike besnydenis direk aan die doop: "omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop".
    19 min
  • Erediens - 18 Oktober 2026 (Tien gebooie)
    PREDIKER: Nadia Muller
    TEMA: Die Tien Gebooie – ’n uitnodiging tot ’n lewe saam met God

    Kom ons lees die Tien Gebooie met ’n ander bril.

    Wat as dit nie bloot ’n stel reëls is wat ons op die regte pad moet hou nie, maar eerder ’n uitnodiging van God – ons Skepper en Vader, Vriend en Verlosser – om in ’n lewende verhouding met Hom te leef?

    ’n Verhouding wat nie net op ’n Sondag, wanneer ons kerk toe kom, of wanneer ons Bybel lees en bid, bestaan nie, maar wat deel word van ons alledaagse lewe.

    Ons dink saam oor hoe ons die Tien Gebooie opnuut kan verstaan en hoe ons elke dag, in die gewone én buitengewone oomblikke van die lewe, ons verhouding met God kan uitleef en laat groei.
    39 min
  • Kinderdiens - 11 Oktober 2026
    PREDIKER: DJ Muller
    TEKS: Verskeie Skrifgedeeltes
    TEMA: Jesus is méér as JesusGPT

    Ons leef in ’n wêreld waar antwoorde net een vraag ver is. Vra vir ChatGPT, en binne sekondes kry jy hulp. Maar behandel ons nie soms vir Jesus op dieselfde manier nie? Ons vra, ons wag vir ’n antwoord, en gaan dan aan met ons lewens.

    Maar wat as Jesus méér vir ons wil wees as net Iemand wat ons vrae beantwoord en ons probleme oplos?

    In hierdie kinderdiens ontdek ons, met behulp van ’n AI-eksperiment, waarom Jesus nie net vir ons antwoorde wil gee nie, maar ons uitnooi om Hom werklik te ken.

    Want geloof gaan oor méér as wat ons by Jesus kan kry. Dit gaan oor Wie ons in Hom ontdek.
    31 min
  • Kinderdiens - 13 September 2026
    PREDIKER: DJ Muller
    TEKS: Jesaja 55; Romeine 11
    TEMA: Hoekom FIX God nie net alles wat sleg is nie?

    Ons gesels saam oor ’n moeilike vraag:
    Hoekom maak God nie net alles reg nie?

    Hoekom gebeur slegte dinge? En hoekom sukkel ons soms so om hierdie dinge te verstaan? Tydens die diens gaan ons darem probeer om iets 🚲 reg te maak… Ek hoop net ek bring al die regte gereedskap saam!
    34 min
  • Reis deur Efesiërs - Deel 20 (06 September 2026)
    PREDIKER: Nadia Muller
    TEKS: Efesiërs 4:25–5:5
    TEMA: ‘Ontvang die uitnodiging’

    Wanneer ons Efesiërs 4 lees, kan ons maklik dink: Sjoe, nou verwag Paulus darem baie van ons. Dit klink amper na ’n onmoontlike verwagting vir ’n onmoontlike ideaal.
    Maar wat as ons hierdie woorde eerder as ’n uitnodiging lees? ’n Uitnodiging om saam met God ’n pad te stap wat radikaal anders lyk as dié van die wêreld rondom ons.

    Dan begin ons besef dat die prentjie wat Paulus skets nie ’n onmoontlike ideaal is nie, maar die nuwe lewe waartoe God ons roep.
    31 min
  • Reis deur Efesiërs - Deel 19 (30 Augustus 2026)
    PREDIKER: Nadia Muller
    TEKS: Efesiërs 4:17–24

    Wat gebeur wanneer ons begin glo dat ons self weet wat waar, goed en wys is?

    Ons kyk na Efesiërs 4:17–24 én na die verhaal uit die Griekse mitologie van Prometheus, die god wat vuur vir die mense gesteel het. Dit is ’n oeroue verhaal oor die mens se soeke na kennis, mag en wysheid.

    Maar Paulus wys ons na iets anders: “Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word.”

    Geloof gaan nie bloot daaroor om al hoe meer kennis oor Jesus in te samel nie, maar om Jesus al hoe dieper te ken en toe te laat dat Christus ons denke vorm. Dit is dus nie bloot ’n kopgeloof of ’n gevoelsgeloof nie, maar ’n geloof waarin Christus ons anders leer dink en daarom ook anders leer kyk en leef.
    40 min
  • "Kom kyk" - Ontmoet Jesus en die vrou by die put
    Hierdie is 'n luister-drama. Dit vertel oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put as ’n intieme gesprek tussen twee mense wat mekaar oor bekende grense heen ontmoet. Deur hulle afwisselende herinneringe ontvou Johannes 4 as ’n verhaal oor dors, waarheid, skaamte en die verrassende ervaring om volledig gesien te word sonder om veroordeel of verklein te word.

    Die vrou kom met haar kruik om water te haal, maar gaan uiteindelik met leë hande terug - of tog ook nie. Haar eenvoudige uitnodiging aan haar dorp, “Kom kyk”, word ook die uitnodiging van die drama: om nader te kom aan die Een wat ons waarheid ken, grense deurbreek en ’n ander soort water bied vir ons diepste dors.
    20 min

About Preek Opnames

From the publisher's feed

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.