Amerikaanse president Donald Trump het gedreig om hoër tariewe op die Europese Unie te hef as hy nie teen 4 Julie sy heffings op Amerika tot nul afbring nie. Die EU-blok met 27 lede en Amerika het verlede Julie 'n ooreenkoms aangegaan wat die heffing op die meeste Europese goedere op 15-persent vasgestel het. Trump is egter ontevrede met die tempo van die toepassing van die ooreenkoms. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê goeie vordering is gemaak: