Almal ken daardie hulpelose gevoel wanneer die kamera langs die pad vir jou flits. Jy glimlag beslis nie. Die rompslomp daarna laat ‘n mens selfs meer hulpeloos voel. Hulp is egter byderhand, want Cornelia van Niekerk het die lig gesien.
Cornelia wou iets unieks, iets spesiaals spesiaal vind, waar sy daadwerklik ‘n diens kon lewer. Fines4U bied presies dit: ‘n maatskappy wat individue en besighede bystaan in die kontrolering en pynlose bestuur van hul verkeersboetes en hernuwing van lisensies.
Juis daarom spog Fines4U reeds met kliënte soos Mercedes Benz, VW, Subaru, Suzuki, WeBuyCars en 172 ander besighede...
Fines4U kan uiteraard ook van onskatbare waarde wees vir individue en instansies in die landboubedryf.