Op hierdie Episode van die FKNMAN podcast gesels ek met Vernon Mclean, meer bekend as “Gevoelens”, 'n bekende Suid-Afrikaanse TikToker. Ons gesels oor sy tyd in Potch saam met sy vriende, die negatiewe kommentaar wat die Facebook tannies en ooms op TikTok los, hoe hy op TikTok begin het, en ook oor mense wat te bang is om hom te vra om foto's te neem.
Vernon sê sy sê oor wat hy van Potch dink en die lekker tye wat saam met sy vriende al daar gehad het.
Ons bespreek ook die negatiewe kommentaar wat hy soms op sy TikTok-video's ontvang en hoe dit ’n mens beïnvloed. Vernon deel sy persoonlike ervaringe oor hoe hy met hierdie tipe kritiek deel en hoe hy probeer om positief te bly en nie homself daaraan te probeer steur nie.
Vernon vertel ook hoe hy op TikTok begin het en wat hom geïnspireer het om sy content met die wêreld te deel. Hy gee waardevolle insig en advies vir diegene wat dalk oorweeg om 'n sosiale media-influenser te word.
Ons gesels ook oor die mense wat te bang is om hom te vra om foto's te neem en hoe dit hom soms in 'n ongemaklike situasie plaas.
Luister gerus na hierdie episode van die FKNMAN podcast om Vernon se lewensstorie en sy sukses op TikTok te verstaan.