Die 2020 F1-jaar is in die wiele gery deur die Covid-19-pandemie en het spanne, FIA én ondersteuners se sake deurmekaargekrap, veral as in gedagte gehou word dat ondersteuners jare vooruit hulle reis- en verblyfreëlings tref. Die hoop is dat die nuwe seisoen sonder enige probleme sal plaasvind. Fritz Klaaste gee 'n voorskou van die 2021-seisoen, die seisoen met die meeste wedrenne in die geskiedenis van die sport.