Frans Steyn is een van slegs twee Springbokke wat die Rugby Wêreldbeker tweee keer gewen het. Ná ses jaar oorsee, is hy terug in Suid-Afrika om sy loopbaan by die Cheetahs in Bloemfontein voort te sit. Jody Hendricks praat met hom oor die soet en suur van sy loopbaan.