Print
Gebakte, gerookte pasta in ketelbraai
Die Italianers is ook lief vir ‘n lekker pasta gebak. Hierdie kan net so in die oond ook voorberei word, maar die rokerigheid van die ketelbraai maak dit ‘n spesiale gereg.
Servings 6 persone
Author Martelize Brink
IngredientsBotter om die pan of pot wat jy gebruik te besmeer375 g pasta van jou keuse1 ui opgekap2 knoffelhuisies opgekap1 400 g blikkie tamaties of 600 ml pasata2 tiemie takkies of 1 teelepel gedroogde tiemie250 g spek of chorizo opgesny en gebraai Sout en peper na smaak100 ml room200 ml gerasperde cheddar of mozzarellakaas
InstructionsSmeer die pan of pot met botter.Bring ’n pot met water en 2 teelepels sout tot kookpunt.Kook die pasta tot al dente of verwyder van die hitte 3 minute voor die pakkie aandui dat dit gekook is.Dreineer en sprinkel 4 eetlepels olie oor die pasta en meng deur. Los eenkant.Braai die uie tot deurskynend.Voeg die knoffel by en braai nog vir 2 minute.Voeg die tamatie en tiemie by en prut vir 10 minute.Sout en peper na smaak.Braai die spek tot bros.Meng die pasta met die tamatie mengsel, die spek en room.Sprinkel die kaas bo oor.Jy wil genoeg vog in die mengsel hê om die pasta nog verder te bak.Berei die ketelbraai voor vir indirekte bak.20 aangesteekde brikette aan die een kant van die ketelbraai geplaas.1 stompie hout bo op.Maak die deksel van die ketelbraai toe en bring tot 180 grade Celsius.Plaas die pan of pot in die ketelbraai en bak vir 40 minute of tot goudbruin bo op.