Martelize gesels met...

Martelize gesels met...

Download on the App Store

Martelize gesels met... episodes

  • Wynlegendes – Bosman Adama

    Martelize vat die pad Wellington toe en kuier by Bosman Adama. Sy gesels met Jannie Senior en Petrus Bosman, agste generasie Bosmans op die plaas. Hulle begin met die lieflike Optenhorst Chenin Blanc wat deel is van die Old Vine projek. Let asb wel, hierdie opname is in 2022 gemaak (met verwysing na die oesjaar).

    Transcription is available on request: [email protected].

    The post Wynlegendes – Bosman Adama appeared first on Martelize Brink.

    56 min
  • Wynlegendes – Abrie Beeslaar (Kanonkop)

    Hy is oorspronklik van Worcester en het drome gehad om medies te studeer. Wynliefhebbers kan dankbaar wees hy’t ‘n passie vir wynmaak ontwikkel en sy studierigting verander. Vandag is Abrie Beeslaar een van die wêreld se beste wynmakers as hoofwynmaker by Kanonkop en sy eie wynreeks, Beeslaar Wyne.

    Transcription available on request: [email protected].

    The post Wynlegendes – Abrie Beeslaar (Kanonkop) appeared first on Martelize Brink.

    51 min
  • Wynlegendes – Gary Baumgarten

    Hy het vir 16 jaar by KWV, 16 jaar by Graham Beck en net meer as ‘n dekade by Antonij Rupert wyne, in die laboratorium gewerk, gehalte beheer toegepas, bande gesmee, produk ontwikkel en handelsmerke uitgebrei. Vandag in Martelize gesels met, kuier ek by Gary Baumgarten op L’ormarins buite Franschhoek in sy laaste maande voor hy as Algemene Bestuurder by Antonij Rupert Wyne uittree. Met trots geborg deur Amorim Cork.

    Transcription available on request: [email protected]

    The post Wynlegendes – Gary Baumgarten appeared first on Martelize Brink.

    1 hr 8 min
  • Wynlegendes – Kevin Arnold

    Vandag in Martelize gesels met… Amorim, die Portugese maatskappy wat al 40 jaar hul kurkproppe aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf verskaf, is trots om geassosieer te wees met die land se voorste wynmakers. En die legende Kevin Arnold is beslis een van hulle.

    Transcription available on request: [email protected]

    The post Wynlegendes – Kevin Arnold appeared first on Martelize Brink.

    45 min
  • Gebakte, gerookte pasta in ketelbraai



    Print


    Gebakte, gerookte pasta in ketelbraai


    Die Italianers is ook lief vir ‘n lekker pasta gebak. Hierdie kan net so in die oond ook voorberei word, maar die rokerigheid van die ketelbraai maak dit ‘n spesiale gereg.





    Servings 6 persone

    Author Martelize Brink


    IngredientsBotter om die pan of pot wat jy gebruik te besmeer375 g pasta van jou keuse1 ui opgekap2 knoffelhuisies opgekap1 400 g blikkie tamaties of 600 ml pasata2 tiemie takkies of 1 teelepel gedroogde tiemie250 g spek of chorizo opgesny en gebraai Sout en peper na smaak100 ml room200 ml gerasperde cheddar of mozzarellakaas
    InstructionsSmeer die pan of pot met botter.Bring ’n pot met water en 2 teelepels sout tot kookpunt.Kook die pasta tot al dente of verwyder van die hitte 3 minute voor die pakkie aandui dat dit gekook is.Dreineer en sprinkel 4 eetlepels olie oor die pasta en meng deur. Los eenkant.Braai die uie tot deurskynend.Voeg die knoffel by en braai nog vir 2 minute.Voeg die tamatie en tiemie by en prut vir 10 minute.Sout en peper na smaak.Braai die spek tot bros.Meng die pasta met die tamatie mengsel, die spek en room.Sprinkel die kaas bo oor.Jy wil genoeg vog in die mengsel hê om die pasta nog verder te bak.Berei die ketelbraai voor vir indirekte bak.20 aangesteekde brikette aan die een kant van die ketelbraai geplaas.1 stompie hout bo op.Maak die deksel van die ketelbraai toe en bring tot 180 grade Celsius.Plaas die pan of pot in die ketelbraai en bak vir 40 minute of tot goudbruin bo op.


    0 min
  • Wynlegendes – Meerlust

    Vandag op Martelize gesels met kuier ek op die ikoniese plaas Meerlust. Die plaas is sedert 1756 die trots van die Myburgh familie. Ek gesels met Hannes Myburgh en ook oor Compagniesdrift met Ilse Ruthford.

    Transcription available on request: [email protected]

    The post Wynlegendes – Meerlust appeared first on Martelize Brink.

    47 min
  • Wynlegendes – Günter Brözel

    Hy was vir 33 jaar die keldermeester by Nederburg en ‘n pioneer op verskeie vlakke in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Ek het die groot voorreg gehad om by Nederburg te gesels met Günter Brözel.

    Transcription available on request: [email protected]

    The post Wynlegendes – Günter Brözel appeared first on Martelize Brink.

    1 hr 18 min
  • Wynlegendes – Middelvlei

    Hulle het in 2019 hul 100ste bestaansjaar gevier. Vandag op Martelise gesels met kuier ek op die stoep by Middelvlei en is bevoorreg om met Oom Stiljan en seun Tinnie Momberg te gesels. 

    Transcription available on request: [email protected]

    The post Wynlegendes – Middelvlei appeared first on Martelize Brink.

    46 min
  • Wynlegendes – Bennie Howard

    Hy het sy loopbaan in die uitsaaiwese begin waar hy ook die heel eerste Monitor op RSG en later die eerste krieketwedstryd in Xhosa uitgesaai het. Hy was ook een van die eerste 3 Kaapse Wynmeesters.

    Vandag op Martelize gesels met kuier ek met Bennie Howard by die Cullinan hotel om oor sy uitsaai en wynbedryf loopbane gesels. Ek vra omverskoning vir die agtergrond geraas by tye.

    Transcription available on request: [email protected]

    The post Wynlegendes – Bennie Howard appeared first on Martelize Brink.

    1 hr
  • Wynlegendes – Martin Moore

    Na jare se ondervinding by KWV en Groot Constantia, het Martin Moore se loopbaan pad gelei tot ‘n splinternuwe onderneming in die laat 90’s en vandag een van die vooraanstaande wynhandelsmerke in Suid Afrika, Durbanville Hills.

    Transcription available on request: [email protected]

    The post Wynlegendes – Martin Moore appeared first on Martelize Brink.

    53 min

About Martelize gesels met...

From the publisher's feed

Martelize gesels met ‘n wye verskeidenheid van interessante mense van Suid Afrika.