Hoop Nogtans

Gee jou kommer oor aan die HERE - Psalm 55_23 #2502


Listen Later

Bondi Beach in Sydney is een van Australië se mees gewilde strande, en ‘n TV program oor hul lewensredders wek wêreldwye waardering vir hulle. Nie sonder rede nie. In hul jaarverslag vir 2023-2024 word genoem dat hulle 377 lewens gered het in daardie jaar. Een van die grootste probleme waarmee lewensredders te doen kry, is wanneer iemand so spartel en spook dat hulle die lewensredder se veiligheid in gevaar stel. Daar is ‘n punt waar die drenkeling moet oorgee en toelaat dat hul na veiligheid gebring word. Jy moet erken jy het hulp nodig, en jy moet daardie hulp aanvaar. Daar kom ‘n punt in jou lewe dat jy moet oorgee aan die Here om jou te help. Hou op spook en spartel om jouself te red. Psalm 55:23 Gee jou kommer oor aan die HERE. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie. Hierdie vers is ingebed in ‘n klaaglied (lament), ‘n lied oor die digter se diepste seer. ‘n Klaaglied is ‘n intense lied oor emosionele pyn, oor iemand se worsteling met God, veral omdat die persoon voel dat God hulle nie wil help nie en God hulle teleurgestel het. Dis deurdat die persoon deur die klaaglied worstel dat hulle by die punt van oorgawe aan God kom, die punt waar die drenkeling oorgee om gered te word. Hoe eerliker jy is met God oor jou innerlike seer, hoe ontvankliker is jy vir Sy hulp. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.55.23.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Hoop NogtansBy Francois Bredenkamp