Johan van Lill praat met kliniese pastorale terapeut Theunis Botha oor vergifnis. Is dit moontlik om iemand te vergewe, of leer mens net om saam te leef met wat gebeur het? Wat is die proses om iemand te vergewe? Hoekom is dit vir sekere mense makliker om mense te vergewe as vir ander? Hoe verhoed ek dat ek bitter raak oor alles wat met my gebeur het of wat mense aan my gedoen het?