Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die hantering van die onophoudelike druk en eise wat die moderne lewe op ons plaas. Wat is die impak daarvan op ons mees intieme kring – ons geliefdes, gesinne en familielede? En meer nog, op ons geestesgesondheid?