Oor ‘n week vier Christene wêreldwyd Kersfees. Kersliggies word oral aangeskakel, kersbome word gekoop en kersetes voorberei. Van heinde en verre kom families bymekaar en deel geskenke uit. Maar… het Kersfees en die kersgebruike regtig ‘n plek in die Christelike godsdiens?