Die spreekwoord lui, Hy is ‘n aartjie na sy vaartjie, bedoelende dat die kind baie soos sy pa optree. Dit bring mee dat die voorbeeld en invloed van ‘n pa in ‘n gesin baie groot is. Maar is dit nog vandag so waar pa’s dikwels vir lang tye afwesig is, en ma’s die rol van pa’s moet oorneem?