Met die Covid-19-pandemie wat wêreldwyd ‘n bedreiging is, het baie mense hulle inkomste verloor en word gemeenskappe verarm. Dit beïnvloed ook die kerke wat van mense se finansies afhanklik is. Is die ou manier van kerkhou steeds relevant om mense met die Bybelboodskap te bereik, of het dit tyd geword om aan nuwe bedieningsmodelle te dink om te bly voortbestaan?