Tipe 2 diabetes kan jou oë en niere aantas, maar die effek van tipe 2 diabetes as oorsaak van hartaanvalle en beroerte is jare lank onderskat. Binnekort sal twee nuwe bekostigbare anti-diabetes-middels ook in Suid-Afrika beskikbaar wees, wat wel diabete se risiko vir hartvatsiektes kan verlaag. In die eerste van 'n reeks van twee programme oor tipe 2 diabetes, gesels Marí Hudson met 'n internis oor die redes waarom bloedsuikervlakke goed beheer moet word, en die behandeling wat tans beskikbaar is.