Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.
May 03, 20173 MayWat is cholesterol? As dit noodsaaklik is vir die vervaardiging van sekere hormone in jou liggaam, kan dit werklik 'n rol speel om jou bloedvate te beskadig en tot hartaanvalle of beroerte te lei? Hoe werk dit?...more26minPlay
April 26, 201726 AprKan dit nadelig wees om te veel vleis te eet? Het jy geweet die groot hoeveelhede mieliestroop (corn syrup) in suikerdrankies word omgesit in vetselle? Hoe werk Banting? Wat is ketone? Kan te veel jou doodmaak? In die tweede aflewering in die kort reeks oor die verwerking van kos in jou liggaam, fokus Marí Hudson op fruktose en proteïen....more26minPlay
April 19, 201719 AprHet jy geweet fruktose word anders in die liggaam verwerk as ander suikers? Of dat Natrium noodsaaklik is om te verseker dat kos in selle opgeneem word? Of al eet jy nie 'n korrel suiker nie, jou liggaam steeds insulien benodig? In die eerste aflewering van 'n kort reeks oor die verwerking van kos in jou liggaam, fokus Marí Hudson op koolhidrate en vette....more24minPlay
April 12, 201712 AprWat is hemofilie? Is daar net een bloedstollingsiekte of meer as een? Waarom wil die bloed nie stol nie? Hoe word dit behandel? Waarom kry net seuns dit? Kan mens HIV opdoen met die bloedprodukte wat die pasiënt moet gebruik?...more24minPlay
April 04, 20175 AprWat beteken dit as jou adrenalienvlakke hoog is? Wat gebeur in jou liggaam? Is die adrenalien in jou brein dieselfde as die in jou bloedstroom? Waar kom dit vandaan? Wat gebeur as jy bungee of adrenalien-sport doen? En waar pas kortisol in? Marí Hudson praat met 'n mediese fisioloog oor adrenalien en kortisol....more25minPlay
March 29, 201729 MarHet jy geweet dat meganiese harte, wat eens so groot soos 'n kamer was, nou so groot soos 'n gholfbal is? Hoe word dit ingeplant? Hoe werk dit? Het dit batterye? Vir watter pasiënte kan dit help?...more25minPlay
March 22, 201722 MarKankerdokters is opgewonde oor die jongste verwikkelings in kankerbehandeling, naamlik tweede generasie immunoterapie. Met die jongste middels en kombinasies van middels is dit byvoorbeeld moontlik om die oorlewingsyfer van gevorderde melanoom van 0% op te skuif tot sowat 68%. Wat is immunoterapie en hoe werk dit? Marí Hudson gesels met 'n onkoloog oor die middels wat hoop bring, maar uiters duur is....more23minPlay
March 15, 201715 MarHet jy geweet dat dit nou moontlik is om 'n skenkernier deur sleutelgat-chirurgie te verwyder, sodat die skenker binne 72 uur huis toe kan gaan? Dít is een van die aspekte van nieroorplanting wat bespreek word, terwyl ons ook van die ontstellende redes wat bydra tot die tekort aan skenkerorgane in die land in die kollig plaas. Ons vestig ook die aandag op drie pasiënte wat op 'n nieroorplanting wag....more24minPlay
March 08, 20178 MarHoe kan 'n virus kanker veroorsaak? Marí Hudson praat met twee kundiges oor die menslike papiloomvirus, die kankers wat die virus veroorsaak en die vaksiene wat beskikbaar is om die kankers te voorkom....more25minPlay
March 01, 20171 MarHoe besluit 'n traumadokter watter beseerde om eerste te behandel? Wat doen hulle eerste om 'n lewe te red? Watter skade kan 'n koeël aanrig? Hoe kan 'n traumadokter se goeie sesde sintuig 'n lewe red? Kan die goedbedoelde hulp van 'n leek op 'n ongeluksterrein meer skade berokken? Marí Hudson gesels met 'n trauma-chriurg oor die aspekte van beserings en mediese ongevalle....more24minPlay
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.