Die 'skielike' dood verlede week van Jonah Lomu, rugby se eerste superster, het niersiektes weer in die kollig geplaas. Hoe kan iemand met hierdie siekte sulke goeie rugby gespeel het, sonder duidelike simptome? En hoeveel nierfunksie het jy oor voordat dinge in jou liggaam in duie stort? Waar staan Suid-Afrika met nierdialise en -oorplantings?