Kosmos 94.1

Gewasproduksie styg, maar uitvoere daal


Listen Later

Namibië se landbousektor toon gemengde seine met 'n skerp styging in gewasproduksie, maar 'n merkbare daling in uitvoere. Die jongste Kwartaallikse Landbou- en Visserystatistiekbulletin toon dat akkerbou-uitset in die laaste kwartaal van 2025 tot meer as 22 000 ton gestyg het, teenoor net minder as 5 000 ton 'n jaar tevore. Uitvoerwaardes het egter aansienlik gedaal, terwyl die land se invoerrekening, hoewel laer as in 2024, hoog bly. Woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap, Mirjam Shihepo:
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Kosmos 94.1By Kosmos 94.1