Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • SA OVK: Vaslegging en verifikasie van verkiesingsuitslae vorder bestendig
    Intussen sê die SA Verkiesingskommissie die vaslegging en verifikasie van die plaaslikeregerings-verkiesingsuitslae vorder bestendig regoor die land. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die verifikasie- en gehalteversekerings-proses is daarop gemik om die akkuraatheid, deursigtigheid en integriteit van die uitslae te verseker voordat dit gefinaliseer word:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Demokratiese Kongres kan beleidsekerheid bring – Kudumo
    Vir Suider-Afrika en ander lande kan ’n Demokraties-beheerde Amerikaanse Kongres groter voorspelbaarheid in Amerikaanse regeringsbesluite meebring. Dit is die mening van plaaslike ontleder Marius Kudumo. Hy wys op die onvoorspelbaarheid van die Trump-administrasie, veral oor handelstariewe, en sê die Demokrate se benadering kan groter sekerheid oor buitelandse beleidsbesluite bring.
    1 min
  • StatsSA vind ’n jaarlikse afname van 5,2% in elektrisiteitsopwekking
    Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsopwekking het in September met 5,2-persent afgeneem en seisoensaangepaste produksie het 'n geringe maandelikse toename van 0,4-persent getoon in vergelyking met Augustus. Elektrisiteitsverbruik het met 1,5-persent toegeneem vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag het elektrisiteitsverspreiding met 0,9-persent gedaal. Tsholofelo Ditinti van Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsopwekking het tussen Julie en September met 0,4-persent gedaal, terwyl elektrisiteitsverspreiding met 0,4-persent toegeneem het:
    1 min
  • NLU verwelkom BoN se finansiële verligting vir boere en landboubesighede
    Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, sê die organisasie verwelkom die Bank van Namibië se besluit om finansiële verligting aan boere en landboubesighede te bied wat deur bek-en-klouseer en moeilike klimaatstoestande geraak word. Kwalifiserende leners kan hul leningsterugbetalings met tussen een en 24 maande uitstel. Venter sê die ondersteuning is veral belangrik omdat dit nie net boere nie, maar ook ander ondernemings in die landbouwaardeketting insluit.
    1 min
  • SA verwelkom ’n mylpaal-VN-resolusie oor omgewingsmisdaad en onwettige mynbou
    Die Suid Afrikaanse minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê ’n mylpaal-resolusie van die Verenigde Nasies sal internasionale pogings versterk om omgewingsmisdaad te bekamp. Die resolusie, wat met die steun van Suid-Afrika ingedien is, sal lei tot die ontwikkeling van ’n internasionale protokol wat fokus op die smokkel van wild en hout, onwettige mynbou, die onwettige handel in minerale en edelmetale, asook die smokkel van afval. Maynier sê lande moet saamwerk om georganiseerde misdaadnetwerke, wat natuurlike hulpbronne uitbuit, die hoof te bied:
    1 min
  • Ierse vrywilligers ondersoek bekostigbare behuisingsprojekte in Hardap
    Die Hardap-goewerneur, Riaan McNab, verwelkom 'n moontlike vennootskap met 'n Ierse vrywilligerspan om die behuisingstekort in Mariental en Kalkrand aan te spreek. Die span, onder leiding van Damian O’Kane van Build It Together, het met die goewerneur en plaaslike raadslede vergader om die moontlike bou van bekostigbare huise vir kwesbare gemeenskappe te bespreek. McNab sê die streek het 'n ernstige tekort aan geskikte behuising en waardeer die span se bereidwilligheid om hulp te verleen.
    1 min
  • Wetstoepassers by waaksaam terwyl SA stem-verwerking voortgaan
    Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê wetstoepassingsagentskappe bly waaksaam terwyl die Verkiesingskommissie voortgaan met die tel, verwerking, verifikasie en vaslegging van die plaaslikeregeringsverkiesing se uitslae. Wetstoepassing volg tydens die verkiesing ʼn intelligensie-gedrewe benadering tot bedrywighede en gee veral aandag aan 331 stemlokale in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Gauteng wat as moontlike brandpunte geïdentifiseer is. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê stemgeregtigde kiesers kon hul demokratiese regte in veiligheid uitoefen:
    1 min
  • Oshana skenk 13 karavane aan polisie
    Die goewerneur van Oshana, Hofni Iipinge, het 13 tweedehandse karavane wat voorheen ongebruik by die Oshakati-tussentydse staatshospitaal gestaan het, amptelik aan die streekspolisie oorhandig. Die karavane sal as kantoorruimte en tydelike polisiestasies dien in gebiede wat nie oor permanente polisiestasies beskik nie. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Iipinge die logistieke oorhandiging is afgehandel. Die Namibiese Polisie sal nou bepaal waar en wanneer die geriewe ontplooi word, met misdaadbrandpunte as een van die oorwegings.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…