Die Wes-Kaapse regering verwelkom 'n afname in moorde in gebiede waar beamptes van die Wetstoepassingsbevorderingsplan ontplooi is. Die polisie het 'n daling van 30,6 persent in moorde in Mitchells Plain, 23,2 persent in Gugulethu en 22,6 persent in Philippi-Oos aangeteken. In die geheel het moorde tussen April en September vanjaar met 10,2 persent gedaal, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die premier Alan Winde sê meer moet gedoen word om gewelddadige misdaad aan bande te lê en netwerke vir onwettige vuurwapens te ontwrig: