Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Landbou kan boere nie met voedselhulp bystaan
    Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die ministerie fokus sy beperkte hulpbronne op die bekamping van bek-en-klouseer en het nie die begroting of mandaat om voedselhulp aan geraakte boere te verskaf nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dié verantwoordelikheid berus by die Kantoor van die Eerste Minister.
    1 min
  • Dubbelle rugby-plesier vanaand in Windhoek
    Die rugby-aksie duur vanaand voort by die Hage Geingob-stadion, met die tweede dag van die dubbelwedstryde tussen die Welwitschias en die Recklessbear Barbarians. Die hekke maak vyf-uur oop en die sewes skop om ses-uur af, gevolg deur die 15-tal-kragmeting om sewe-uur. Die Welwitschias se kaptein, Danco Burger, sê ondersteuners kan uitsien na ’n aand van vinnige rugby, harde duikslae en volop aksie.
    1 min
  • Toe deure vir malaria-spuitspanne noodsaak bewusmaking-veldtog
    Gesondheidsowerhede in die Otjozondjupa-streek verskerp hul bewusmakingsveldtog om inwoners aan te moedig om malaria-bespuiting in hul huise toe te laat. Dit volg nadat die streek nie sy teiken van minstens 85 persent bespuitingsdekking kon bereik nie, hoofsaaklik omdat sommige huise gesluit is wanneer spuitspanne besoek aflê, terwyl ander inwoners toegang geweier het. Tsumkwe het sowat 264 malariagevalle aangeteken, terwyl een malaria-verwante sterfte in die streek aangemeld is. Die streekdirekteur van gesondheid, Gebhardo Timoteus, sê gemeenskapsleiers word betrek om inwoners oor die belangrikheid van binnenshuise bespuiting in te lig.
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Produsenteprys styg 1,3% in derde kwartaal
    Die Produsenteprysindeks het in die derde kwartaal vanjaar met 1,3 persent teenoor die vorige kwartaal gestyg. Op ’n jaargrondslag was die styging 14,7 persent. Die Namibië Statistieke-agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê produsentepryse in die mynbousektor het kwartaalliks met 0,4 persent gedaal, maar jaarliks met 10 persent gestyg. Vervaardigingspryse het jaar-op-jaar met 18,2 persent toegeneem, hoofsaaklik weens hoër pryse in vleisverwerking, diamantslyp en ander vervaardigingsektore.
    1 min
  • SA se Teixeira weer Midvaal-burgemeester
    Peter Teixeira is onbestrede herkies vir ʼn vyfjaar-termyn as burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng nadat die DA ʼn volstrekte meerderheid in die verkiesing behaal het. Chantel Gomes is onbestrede verkies as speaker, en Phil Pretorius is aangewys as hoofsweep. Woordvoerder Idah Satikhe sê die DA se meerderheid in die owerheid is te danke aan Texeira se bestendige, meetbare en sigbare toewyding aan dienslewering:
    1 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Boere waarsku N$18-minimumloon kan plaaswerkers hul werk kos
    Die verhoging van die minimumloon vir plaaswerkers tot 18 Namibiese dollar per uur vanaf 1 Januarie 2027 wek kommer in die landbousektor. Boere waarsku oor die moontlike finansiële druk wat dit kan meebring. Plaaswerkers verdien tans minstens 14 dollar per uur. Werkgewers sal die volle minimumloon in kontant moet betaal, sonder om voordele soos behuising en voedsel daarvan af te trek. Die verhoging kom terwyl die landbousektor reeds onder druk verkeer weens die bek-en-klouseer-uitbreking. Danie van Vuuren van die Landbouwerkgewersvereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus die hoër loon kan tot afleggings lei indien die regering nie ingryp nie.
    1 min
  • Nekundi sluit kommissie van ondersoek na TransNamib uit
    Die Minister van Werke en Vervoer, Veikko Nekundi, het die moontlikheid van ’n Kommissie van Ondersoek na TransNamib uitgesluit en sê hy vertrou die maatskappy se huidige direksie om sy langdurige probleme aan te spreek. Dit kom te midde van toenemende kommer oor die maatskappy se bestuur en korporatiewe beheer, ná die onlangse skorsing van sy uitvoerende hoof en uitvoerende beampte vir ingenieurswese hangende ondersoeke. Nekundi het in die Parlement gesê die direksie het duidelike opdragte en tydraamwerke ontvang om die staatsbeheerde spoorwegmaatskappy se bedrywighede te stabiliseer en op ’n herstelpad te plaas.
    1 min
  • Thieme verwelkom kernnywerheidstrategie, maar waarsku oor koste
    Namibië se eerste Nasionale Kernnywerheidstrategie lok positiewe reaksie uit die sakesektor, maar daar is ook waarskuwings oor die groot belegging wat nodig sal wees om kernkragopwekking ’n werklikheid te maak. Eerste Minister Elijah Ngurare sê die strategie is daarop gemik om meer waarde uit die land se uraanbronne te ontsluit, plaaslike deelname aan die kernnywerheid uit te brei en Namibië se afhanklikheid van ingevoerde elektrisiteit te verminder. Die voorsitter van die Ohlthaver & List-groep, Sven Thieme, verwelkom die plan, maar sê ’n kernkragsentrale sal op ’n groot genoeg skaal moet funksioneer om ekonomies lewensvatbaar te wees en ook elektrisiteit aan die res van Suider-Afrika te kan lewer.
    1 min