Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Moenie voor die voet doodmaak
    Die bevolkings van verskeie ikoniese plaaslike wildspesies het gegroei, maar bewaringsuitdagings op kommunale sowel as kommersiële grond duur voort. Verlede jaar se nasionale verslag oor die beskerming van wildlewe wys daarop dat die doodmaak van diere wat as bedreigings vir vee en mense beskou word, soos slange en roofvoëls, negatiewe gevolge het. Die spesies speel 'n belangrike rol in ekosisteme. Slangkenner Francois Theart het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 20 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Misdaad in landelike gebiede 'moet hokgeslaan word'
    TLU SA sê dalende misdaadstatistiek moet gevolg word deur daadwerlike optrede om misdaad hok te slaan, veral in landelike gemeenskappe. Die landbou-organisasie sê plaasaanvalle, plaasmoorde en veediefstal bedreig die veiligheid van boerderygemeenskappe en voedselproduksie en vra die regering om misdaadsindikate uit te roei. Bennie van Zyl van TLU SA sê veiliger landelike gemeenskappe is noodsaaklik vir voedselsekerheid, werkskepping en ekonomiese groei:
    1 min
  • Plaaslike bosbestuur onder die loep by COP31
    COP31 loop vandag ten einde, en Namibië het aan verskeie sessies deelgeneem, met ander lande geskakel en strategieë ondersoek om die land se omgewings- en bosbou-bestuursinisiatiewe te versterk. Een van die belangrike fokusareas is bosbestuur, met klem op internasionale kennisuitruiling, die bestuur van veldbrande en die uitbreiding van bosbedekking. Die direkteur van bosbou in die omgewingsministerie, Johnson Ndokosho:
    1 min
  • Kiesafdelings 'het nie geld om in basiese behoeftes te voldoen'
    Die raadslid van die Mankumpi-kiesafdeling, Lukas Muha, sê beperkte ontwikkelingsfondse maak dit moeilik om inwoners se basiese behoeftes aan te spreek. Hy sê die jaarlikse toekenning van 100 000 Namibiese dollar is beperk tot inkomste-genererende projekte en voedsel- of kontant-vir-werk-programme. Dit beteken probleme soos beskadigde waterpype en onvoldoende watervoorsiening moet na die sentrale regering verwys word.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Kabinet stuur hersiene belegging-wetsontwerp terug na NV
    Die voorgestelde beleggingswet keer terug na die parlement, nadat parlementslede kommer uitgespreek het oor die vorige weergawe se potensiële impak op plaaslike ondernemings, werkskepping en die land se natuurlike hulpbronne. Die kabinet het nou opdrag gegee dat die Wetsontwerp op Beleggingsbevordering en -fasilitering van 2026 weer ter tafel gelê word. Tydens die aankondiging van die jongste kabinetsbesluite het inligtingsminister Emma Theofelus gesê dat die hersiene weergawe sommige van die bekommernisse aanspreek
    1 min