Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Estie gesels oor Irma’s Rescue Reeks en die emosies van elke dag
    Party dae loop alles volgens plan. Ander dae voel dit asof alles tegelyk gebeur. In haar laaste gesprek van die jaar op Kosmos 94.1 gesels Estie oor die emosies wat met alledaagse uitdagings gepaardgaan. Sy stel jou ook bekend aan Irma’s Rescue Reeks, ’n produkreeks vir elke huis.

    Irma’s Rescue Reeks is by apteke beskikbaar. Vir meer inligting, besoek www.irmas.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
    13 min
  • SA deporteer byna 39 000 ongedokumenteerde buitelanders sedert April
    Tussen April en Oktober vanjaar is 38-duisend-982 ongedokumenteerde buitelanders uit Suid-Afrika gesit. Dit sluit in 31-duisend-878 van die Lindela-repatriasiesentrum en sewe-duisend-104 uit al die provinsies. Die Inter-ministeriële Komitee oor Immigrasie se voorsitter en minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê alle handhawings- en deportasie-prosesse word streng volgens immigrasie-wetgewing en wettige veiligheidsmaatreëls uitgevoer. Sy sê polisie en ander agentskappe gaan voort om deur Operasie Shanela immigrasie-verwante oortredings saam met ander misdade te teiken:
    1 min
  • Laer oliepryse kan Namibiese dollar versterk
    ’n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika, Waldo Krugell, meen ’n afname in geopolitieke spanning rondom Iran en Rusland kan help om beskadigde olieproduksievermoë vinniger te herstel. Hy sê laer oliepryse, tesame met optimisme in die finansiële markte en die kunsmatige intelligensie-sektor, kan wêreldwye ekonomiese toestande verbeter en markte versterk namate 2027 nader kom. Dit kan ook die Namibiese dollar ondersteun, veral indien laer oliepryse inflasiedruk verlig
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Meer as duisend ryers maak gereed vir 2026 Desert Dash
    Die 22ste Nedbank Desert Dash vind vanjaar op 11 en 12 Desember plaas, met meer as duisend bergfietsryers wat die uitdagende 401-kilometer-roete van Windhoek deur die Namibwoestyn na Swakopmund aanpak. Een van die deelnemers is Drikus Coetzee, wat met Kosmos 94.1 Nuus gesels het oor sy voorbereiding en planne vir vanjaar se uitmergelende uitdaging.
    1 min
  • Kliëntediens word getoets wanneer dinge verkeerd loop
    Old Mutual Namibia se hoof van kliëntediens en administrasie, Ester Kafidi, sê die ware toets van goeie kliëntediens kom wanneer dinge verkeerd loop. Sy sê kliënte kan foute verstaan, maar verwag dat ondernemings verantwoordelikheid aanvaar en probleme betyds aanspreek. Dit is veral belangrik met dringende sake soos begrafnisuitbetalings, pensioeninkomste en foutiewe of duplikaat-debietorders. Kafidi doen ’n beroep op personeel om duidelik met kliënte te kommunikeer, verantwoordelikheid vir probleme te aanvaar en klagtes as ’n geleentheid te gebruik om vertroue te herstel.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • VSA sluit nuwe militêre samewerkingsooreenkoms met Venezuela
    Amerika en Venezuela het ʼn nuwe ooreenkoms oor militêre samewerking onderteken. Dit sluit in opleiding, die deel van intelligensie en bykomende verdedigingstoerusting. Dit volg minder as ʼn jaar nadat Amerikaanse magte die destydse leier van dié Suid-Amerikaanse land, Nicolás Maduro, tydens ʼn klopjag op die hoofstad Caracas in hegtenis geneem het. Militêre samewerking tussen dié twee lande is in 2005 gestaak. Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die vennootskap sal gesamentlike optrede teen dwelmhandel-groepe aansienlik versterk:
    1 min
  • Agt vas ná vrouemoorde in Ekurhuleni
    Die Gautengse polisie het agt verdagtes in hegtenis geneem in verband met ondersoeke na 12 sake waar vroue tussen Julie en September in Ekurhuleni en omliggende gebiede vermoor is. Die sake, wat ondersoek word as voorvalle van geslagsgeweld en vrouemoord, behels elf voorvalle in die Ekurhuleni-gebied en een in die Johannesburg-distrik. Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê 'n buitelandse burger is gearresteer in verband met die moord op 'n vrou in Kemptonpark:
    1 min
  • Mashatile verduidelik aanwending van N$25-miljard-Wêreldbanklening
    Die adjunkpresident Paul Mashatile sê 'n lening van 25-miljard Namibiese dollar van die Wêreldbank sal Suid-Afrika se program vir ekonomiese hervorming ondersteun. Mashatile het in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die befondsing sal algemene begrotingsondersteuning bied, eerder as om vir spesifieke projekte te betaal. Hy het bygevoeg die befondsing sal die regering help om hervormings in sleutelsektore, insluitend elektrisiteit, vragvervoer, water en sanitasie, te dryf, met die doel om dienste te verbeter en ekonomiese groei te ondersteun.
    1 min