Die voorsitter van die Khomas-streeksraad, Stefanus Ndengu, sê groter aandag moet gegee word aan die uitdagings waarmee mans en seuns te kampe het, waaronder geestesgesondheidsprobleme, werkloosheid, dwelmmisbruik en hoë selfmoordsyfers. Tydens die onlangse Internasionale Mansdagviering het Ndengu gepleit vir ondersteuning sonder veroordeling, verantwoordelike vaderskap en mentorskap. Hy het ook die belangrikheid van gesamentlike optrede beklemtoon om geslags-gebaseerde geweld te bekamp.